Usages of hitte
Selfs in hierdie hitte hou sy aan draf.
Even in this heat, she keeps on jogging.
Hoekom bly jy heeldag oor die hitte kla?
Why do you keep on complaining about the heat all day?
Weens die hitte raak water steeds skaarser in die somer.
Because of the heat, water is becoming increasingly scarce in summer.
Jy hou die hitte binne deur die plafon goed te isoleer.
You keep the heat inside by insulating the ceiling well.
Sy het in die hitte flou geword.
She fainted in the heat.
Ek gaan dood van die hitte!
I'm dying of the heat!
'n Kudde olifante oorleef hier ten spyte daarvan dat die hitte steeds toeneem.
A herd of elephants survives here despite the fact that the heat keeps increasing.
Die hitte het toegeneem, met die gevolg dat die hele weiding opgedroog het.
The heat increased, with the result that the whole pasture dried up.
Het julle 'n skadunet nodig om die plante teen die hitte te kan beskerm?
Do you need a shade net to be able to protect the plants against the heat?
In Februarie is die hitte buite die dik mure gewoonlik op sy ergste.
In February, the heat outside the thick walls is usually at its worst.
Die swaar bakplaat hou hitte goed en maak die kors dan ook baie krakerig.
The heavy baking tray holds heat well and accordingly makes the crust very crispy.
Het jy las van die hitte?
Are you bothered by the heat?
Elon.io is an online learning platform
We have an entire course teaching Afrikaans grammar and vocabulary.