| Question | Answer |
|---|---|
guesthouse | gastehuis |
hostess | gasvrou |
If you arrive at the guesthouse, the hostess welcomes you. | Kom jy by die gastehuis aan, verwelkom die gasvrou jou. |
to check in | inklok |
code | kode |
If you check in at the guesthouse, you get the gate's code. | Klok julle by die gastehuis in, kry julle die hek se kode. |
host | gasheer |
If he forgets the code, he can ask the host. | Vergeet hy die kode, kan hy die gasheer vra. |
safe, strongbox | kluis |
If she puts her passport in the safe, she chooses her own code. | Bêre sy haar paspoort in die kluis, kies sy haar eie kode. |
If you go to the beach, lock your wallet in the safe. | Gaan jy strand toe, sluit jou beursie in die kluis. |
heater | verwarmer |
If the room is cold tonight, feel free to switch on the heater. | Is die kamer vanaand koud, skakel gerus die verwarmer aan. |
If you use the heater, do not leave the towel on it! | Gebruik julle die verwarmer, moenie die handdoek daarop los nie! |
charger | laaier |
If you forget your charger at home, we lend you one. | Vergeet jy jou laaier tuis, leen ons vir jou een. |
to check out | uitklok |
If you check out tomorrow, do not forget your charger in the room. | Klok jy môre uit, moenie jou laaier in die kamer vergeet nie. |
tip, hint | wenk |
If you are looking for a peaceful beach, the hostess gladly gives a tip. | Soek julle 'n rustige strand, gee die gasvrou graag 'n wenk. |
Should you need help, please let me know. | Sou jy hulp nodig hê, laat weet my asseblief. |
Should you check in late, the host leaves the key in the safe. | Sou u laat inklok, los die gasheer die sleutel in die kluis. |
Should she check out before breakfast, we make coffee for her. | Sou sy voor ontbyt uitklok, maak ons vir haar koffie. |
Should he look for a tip about local restaurants, he can ask at reception. | Sou hy 'n wenk oor plaaslike restaurante soek, kan hy by ontvangs vra. |
Should the heater not work, let the host know immediately. | Sou die verwarmer nie werk nie, laat weet die gasheer dadelik. |
Should you visit our guesthouse again, you get a discount on your stay. | Sou julle weer ons gastehuis besoek, kry julle afslag op julle verblyf. |
Your questions are stored by us to improve Elon.io